• Mense wat tou opgooi

  • deur: Theo Verwey By gevoeg: 25-12-09
  • ‘.. Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit" (Joh 4:6). Gelukkig vir ons was Jesus se moegheid slegs kortstondig en tydelik van aard gewees. Op ons aardse lewensreis is daar egter elke dag mense wat tou opgooi, omdat hulle oorheersende energie-tekort die sinvolle voltooiing van hul reis drasties inperk. In die terapiekamers by Nutrimalaika onthul hulle dat hulle selfs te moeg is om te bid en voel dat niks meer help nie. Sommiges is selfs te moeg om dit te kan uiter. Ander poog vergeefs deur selfmedikasie met verbode of ongewenste chemiese middels of verkeerde eetgewoontes om net nog `n dag te kan oorleef. Sommiges vergryp hulle aan sosiaal onverstaanbare gedrag om weer kortstondig soos `n mens te voel. Wat die hele proses verder bemoeilik is dat hulle geliefdes hulle lewensmoegheid dikwels nie verstaan of meer kan akkommodeer nie. Dikwels ontvang van hulle professionele etikette soos depressie-lyers, alkoholiste, eetversteurdes, hiperaktiewe kinders, dwelmafhanklikes, ko-afhanklikes, kroniese moeës en vele ander. Min hulpverleners verstaan dat hierdie mense dalk net te min energie het om te kan aangaan.

    Ons kan na hierdie persone verwys as die mense met energie-metaboliese-verwante sindrome (EMVS). 

     

    EMVS benadeel die mens in sy geheel en daarom behoort dit ook multiprofessioneel hanteer te word. Ons word dikwels daarop gewys dat die liggaam die tempel vanGod is, maar Paulus bevestig ook dat die liggaam `n tydelike tentwoning is. Die fisiese leeftyd van die mens is meesal maar baie kortstondig en vol baie seerkry. Hierdie boekie (NAD en EMVS) poog juis om meer insig te verskaf in die nuutste kennis oor die biochemiese werking van die liggaam. Die versorging van die liggaam word dikwels op passiewe wyse oorgelaat aan die mediese wetenskap om dit in stand te hou. Die wetenskaplike kennis op mediese terein is ook nog nie soos op geestelike en sielkundige vlak vervat in dagboeke en geredelik toeganklike leesstof nie. Deur dit te sê word nie veronderstel dat hulpverlening op ander vlakke gering geag of as oorbodig beskou word nie. Al wat hiermee gesê word is dat toepaslike en terapeutiese inligting oor die biochemiese vlak nie geredelik toeganklik is vir die algemene publiek nie. Hierdie boekie is so `n poging om veral die belangrikheid van NAD as `n veilige en natuurlike sellulêre energie-opwekker in die behandeling van EMVS te bespreek.

     

    Kliek hier om verdere artikels uit die boek NAD en EMVS te lees.


  • (0) (0 Votes)
  • Reply   |   Report abuse
  • blink    digg    furl    furl    furl    furl    deli    BlogMarks    Magnolia    StumbleUpon    RSS Subscribe
 

Powered by PHPmotion - Free Video Script